LIGHUIS
‘n Baken van Lig, Waarheid en Hoop
Ons Dienste:
Sondag: 9:30
Plaas Lovedale
Lighuis
Ons is ‘n gemeenskapsgemeente op die plaas Lovedale tussen Petrus Steyn en Lindley. Ons gemeente bestaan tans uit gesinne uit die omliggende plase en dorpe. Almal is welkom
Waar is ons?
Plaas Lovedale Lindley
Luister na ons nuutste boodskap : Sondag 19 Julie 2026
Ons Leierspan
Ons Identiteit
‘n Heilige baken van lig en waarheid waar God se teenwoordigheid duidelik is,
en waar mense hoop, rigting, ondersteuning en groei vind.
Ons glo dat die Kerk geroep is om ligdraers in ’n donker wêreld te wees—nie deur selfverheffing nie, maar deur die teenwoordigheid van Christus wat in en deur Sy liggaam skyn.
Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie” Matteus 5:14 a
Ons Fondasie
Christus die Lig
Ons lig is nie ons eie nie. Jesus Christus is die ware Lig, en alles wat ons doen vloei uit Hom voort.
Die vroeë kerk het hierdie waarheid diep verstaan:
“Christus is die Lig wat elke mens verlig;
nie ’n lig wat verdwyn nie, maar een wat bly en lewe gee.”
— Athanasius van Alexandrië
“Ek is die Lig van die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” – Johannes 8:12n
Ons Roeping
Ons leef ons roeping uit deur:
• Getroue verkondiging van die Woord
• Gebed en afhanklikheid van die Heilige Gees
• Omgee vir mekaar en die gemeenskap
• Dissipelskap wat lei tot geestelike volwassenheid
• ’n Lewe wat lig dra buite die mure van die kerk
Die Kerk is nie ’n skuilplek van die regverdiges nie, maar ’n hospitaal vir siele wat genesing nodig het.”
— Johannes Chrysostomus
“Staan op, word verlig, want jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here het oor jou opgegaan.” Jesaja 60:1


















